Home

Afrikaans wiegeliedje

Lam-tie-tie, dam-tie-tie, doe-doe mijn liefstetjie
Moederhart rowertjie, dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie
Heen en weer wieg hij hom al oor die stroompietjie:
Doe-doe-doe, bladertjies, slapenstijd nadertjies
Doe-doe-doe, blommetjies, nag is aan’t kommetjies
So sing die windjie vir blaartjies en blommetjies

Bo in de blouwe lug flikker die sterretjies
Hemelse brandwaggies, lampies van verretjies
Wakend oor windjies en wolkies en stroompietjies
Wakend oor mensies en diertjies en boompietjies
Wees maar gerustetjies, slaap maar met lustetjies
So sing die sterretjies, stilletjies, verretjies
Vuurvliegies, lugliggies, eeuwige sterretjies!

Onskuldig ogies en voetjies en handetjies
Wie weet hoe ver moet mijn kleintjie nog ganetjies
Ver deur die wereld se kronkels en gangetjies
Blij tog maar kleintjies en blij dit maar langetjies
Blij maar bij moedertjie, kindlief se hoedertjie
Slaap in haar arrempies, saggies en warrempies
Doekies dan, doekies in moeder se arrempies!

C.J. Langenhoven / E. Hullebroeck