Home

Die stem van Suid-Afrika

 
melodie

Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver verlate vlaktes
met die kreun van ossewa,
Ruis die stem van ons geliefde
van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jij vra.
Ons sal lewe, ons sal sterwe
Ons vir jou Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouwend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, oHere,
om te handhaaf en te hou.
Dat die erwe van ons vaad're
Vir ons kinders erwe blij.
Knegte van die Allerhoogste
teen die hele wêreld vrij.
Soos ons vadere vertrou het
leer ook ons vertrou o Heer,
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees God regeer.

C.J. Langenhoven / M.L. de Villiers