Home

Bolandse noointjie

Bolandse noointjie, stil is die nag,
soet sy ruste na lang, lange dag !
Aans in my drome kom ek na jou,
smagtend na lonkies uit oë so blou.
Berge en dale kan ons nooit skei,
Want in die droomland ontmoet jy vir my.

Bolaandse noointjie, stil is die nag !
Kom in jou drome, o liefste, ek wag
Kom in jou drome, o liefste, ek wag

Bolandse noointjie, sluimer nou sag,
ver in die droomland ontmoet ons vannag;
Daar waar die blomme weelderig groei,
Daar waar die strome sag mùrmelend vloei.
Soos in vergange dae weleer,
Troos ons mekander met soentjies so teer.

Bolaandse noointjie, stil is die nag !
Kom in jou drome, o liefste, ek wag
Kom in jou drome, o liefste, ek wag