Home

Die brug op ons plaas

 
Ek dink weer vanaand aan die brug op ons plaas
Gebou oor 'n heldere stroom
Want daar het my Lenie en ek vaak, helaas
Van liefd' in die maanskyn gedroom
Dis daar waar ek haar het gevra en sy my
Gesê het dat ek haar kan kry
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Ek hoor nog die stroom se geluid
Ja'k hoor nog die voëltjies fluit
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Hoe dikwels het ons twee nie daarop gestaan
En blomme gepluk by die brug
Hoe dikwels het ons nie die paadjie gegaan
Om daar saam te lag of te sug
Maar toe moes ons skei, moes ons weg van mekaar
En liefd' en beloftes laat vaar
O, dat ek een uur, net een uurtjie terug
Weer kan vlug na die plek by die brug

Ek hoor nog die stroom se geluid
Ja'k hoor nog die voëltjies fluit
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Ons vriendskap van ouds is nog in my gemoed
So fris as in jare voorheen
Nog diep in my hart klink jou stem, lief en soet
En fluister my in: Hou maar moed
Ek dink aan jou snags as die sterretjies blink
Die lied van die nagtegaal klink
Want dan gaan my hart met genot nog eens t'rug
Na die plek op ons plaas by die brug

Ek hoor nog die stroom se geluid
Ja'k hoor nog die voëltjies fluit
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Tekst: P. Imker Hoogenhout / Melodie: The old rustic bridge