Home

Die studentejare gaan verbij

 
melodie

Die studentejare gaan verbij,
Verbij studenteweelde,
Nooit keer hul ooit terug vir mij,
Die tijd, die lieflingsbeelde.
Die koringmeul wil nie meer maal,
Mij skulde moet ek self betaal,
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.

Soos mieliepitte spat uiteen
Die oue trouwe vriende;
Ek staan nou moedersiel alleen
En is maar net bediende,
Ek is nie meer mijn eie baas,
Ek werk met Paul en Piet en Klaas!
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.

Maar moe niet glô, al word ons oud,
Ons hart kan nooit verander;
Ons liefde is nog lang nie koud,
Ons staan nog bij mekander.
Dus vriende, reik mekaar die hand,
Hernuw die heil'ge vriendskapsband.
Gaan dit met stamp' en stote, nog blij ons op ons pote!
Gaan dit met stamp' en stote, nog blij ons op ons pote!

Dr. C.F. Visser / E. Hullebroeck