Home

Mamma, 'k wil 'n man hè

Mamma, 'k wil 'n man hè!
Watter man, m'n lieve kind?
Wil jij dan een Fransman hè?
Nee, mamma, nee!
'n Franse man, die wil ek nie
Want "parlez vouz" verstaan ek nie
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier!

Mamma, 'k wil 'n man hè!
Watter man, m'n lieve kind?
Wil jij dan een Duitser hè?
Nee, mamma, nee!
'n Duitse man, die wil ek nie
Want "Schweinefleisch" dat lus ek nie
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier!

Mamma, 'k wil 'n man hè!
Watter man, m'n lieve kind?
Wil jij dan een Engelsman?
Nee, mamma, nee!
'n Engelsman, die wil ek nie
Want "I love you" verstaan ek nie
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier!

Mamma, 'k wil 'n man hè!
Watter man, m'n lieve kind?
Wil jij dan een Boer soms hè?
Ja, mamma, ja!
'n Boere man, die wil ek hè
In 'n Boer se arme wil ek lè
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier!